Onder water (EBOEK)

R145,00
Onder water (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799362190
Format: E-boek
Publish date: 2013-06-01
Links
Verandering is goed vir ’n mens. Of so sê almal. Maar vir Christien Visagie voel dit of haar lewe op die dorpie Bitterwater die afgelope tyd té veel verander het. Dis nie net haar lang hare wat sy laat afsny het nie ... Haar hond, Brutus, is dood. En die vorige jaar was dit haar oupa en ouma en die motorongeluk. By die huis is daar vir seker iets fout. Haar pa en ma tree die afgelope paar weke baie vreemd op, maar hulle weier om te sê wat aangaan. Boonop kan sy nie meer met haar beste vriendin, Emily, oor alles gesels nie, want Emily het skielik net oë vir haar nuwe kêrel. Al wat Christien deesdae beter laat voel, is haar e-posgesprekke met die geheimsinnige Jay. Hy klink so cool. En interessant. Hy stuur vir haar vreemde goed aan. Soms van sterre en die heelal. Soms van snaakse katte. Hy sê hy hou van sterre en katte en van Christien. Wie is hy en sal sy hom ooit ontmoet? Maar dan maak haar eksentrieke ouma uit die bloute haar opwagting. En saam met haar bring sy ’n tas vol geheime wat Christien se hele lewe vir ewig verander. Sal haar familie dit regkry om brûe te bou oor die water wat hulle al so lank van mekaar skei? In hierdie splinternuwe jeugroman uit die pen van Martie Preller word temas soos eerste liefde en ingewikkelde familiegeheime op ’n humoristiese, deernisvolle wyse verken.
Meer inligting
Publish Date 01 Jun. 2013
Format E-boek
Skrywer Martie Preller
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Martie Preller