’n Hart is net atome (EBOEK)

R187,00
’n Hart is net atome (EBOEK). Grafiese roman geskryf deur Cecilia Steyn en geïllustreer deur Danielle Alertyn.
In voorraad
ISBN
9780639601649
Format: EPUB
Publish date: 2021-01-09
Links
’n Hart is net atome is ’n fantastiese grafiese roman deur geliefde jeugboekskrywer Cecilia Steyn en illustreerder Danielle Albertyn. Pho is ’n Chinees-Afrikaanse meisie met ’n ystervuis, maar haar tradisionele Chinese pa keur nie sy dogter se boks goed nie. Hy sou verkies dat sy meer tyd aan haar studies spandeer. Theo, Pho se aantreklike beste vriend en grootste ondersteuner, sit met dieselfde penarie: hy wil ’n wetenskaplike word, maar sy ma wil hê hy moet die familie se pizzeria oorneem. Pho het egter nog ’n probleem: sy is stilletjies verlief op Theo, maar hy het net oë vir Nisa – die gewildste meisie in die skool. Nisa stem in om met Theo uit te gaan, maar Pho is vas oortuig Nisa doen dit net om haar eks jaloers te maak. En so begin Operasie Sabotasie – met skreeusnaakse gevolge.’n Hart is net atome is perfek vir liefhebber van romantiese komedie.
Meer inligting
Publish Date 09 Jan. 2021
Format EPUB
Skrywer Cecilia Steyn
Taal Afrikaans
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Cecilia Steyn