Bosnimf (EBOEK)

R94,00
In voorraad
ISBN
9780637004381
Format: EPUB
Publish date: 2023-10-01
Links
Pippa Terblanché se verloofde verkul haar met haar beste vriendin. Sy besluit om van alles te ontsnap, verkoop haar meenthuis, laat stoor haar meubels en gaan op reis na die Hoëveld met net ’n tent en ’n kamera. Op die eerste dag van haar avontuur verdwaal sy. ’n Bebaarde boer genaamd Hein Müller kom tot haar redding, brand in die proses per ongeluk haar tent af en só beland sy op sy gasteplaas. Toe Pippa agterkom daar is byna elke naweek ’n troue op die plaas, bied sy haar dienste as troufotograaf aan en bly baie langer op Albesmeer as wat sy beplan het.Namate sy Hein beter leer ken, begin sy al hoe meer oor hom wonder: Waarom is hy soms warm en soms koud? En waarom het hy haar daardie een keer Anrike genoem – die naam van sy oorlede vrou? Rou Hein nog oor haar of is hy gereed om weer lief te hê? En kan Pippa weer ’n man met haar hart vertrou?
Meer inligting
Publish Date 01 Okt. 2023
Format EPUB
Skrywer Mariëtte Wenhold
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Ander produkte waarvan jy sal hou