Liefde kan roes

R110,00
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9781779870230
Formaat: Sagteband
Publikasie datum: 2024-06-01
Verbode liefde Karien het hom al vyf jaar lank lief, maar hy het iemand anders bo haar gekies en ver weg gegaan. Nou is Schalk terug en ondanks haar beste voornemens laat hy haar hart steeds vinniger klop. Hy durf nie uitvind dat sy steeds snags wakker lê oor hom nie. Hy het immers haar liefde versmaai en haar hart gebreek. Schalk het gedink hy en Ronika sou vir altyd saam wees, maar iets het skeefgeloop en nou vertrou hy nie meer sy oordeel as dit by vroue kom nie, veral nie sy ontwakende gevoelens vir Karien nie... Om sake te vererger, span die familie saam om die twee bymekaar te kry. Sal Schalk besef hy het destyds die fout van sy lewe gemaak of gaan hy Karien weer deur sy vingers laat glip?
Meer inligting
Publikasie Datum 01 Jun. 2024
Formaat Sagteband
Skrywer Madelie Human
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Ander produkte waarvan jy sal hou
Meer Deur Madelie Human