Jamie en Sebastiaan-omnibus (EBOEK)

R246,50
Jamie en Sebastiaan-omnibus (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799395747
Format: EPUB
Publish date: 2019-06-01
Links
Jamie en Sebastiaan is terug in ’n fantastiese omnibus Maak gereed vir baie kattekwaad! Die geliefde Jamie en Sebastiaan-verhale is terug met ’n nuwe baadjie. Beleef allerhande avonture saam met Jamie en Sebastiaan, die spekvet, pratende kat – van noue ontkomings uit die hande van ’n ontvoerder en glibberige woestyntunas, tot die soektog na die vermiste storiemol. Jamie en Sebastiaan Van die eerste oomblik toe Jamie vir Sebastiaan in die groentetuin sien lê het, het hy geweet hier kom moeilikheid. Sommer GROOT moeilikheid! Sebastiaan is nie net ʼn gewone kat nie. Hy is ʼn spekvet, grysgestreepte kat wat boonop kan praat! Al wat hy eet is tuna en room, want dit is wat die kattedokter in die Kaap vir hom voorgeskryf het. Ouma Katie dink Sebastiaan is ’n dierbare ou katjie, maar Jamie weet van beter. Hy weet dat dit Sebastiaan was wat die skoolhoof se tunatert opgevreet het EN wat hulle amper in die kloue van ‘n smerige ontvoerder laat beland het EN wat ʼn wrede seerower se houtbeen gesteel het EN wat die glibberige woestyntunas so kwaad gemaak het dat hulle hom wou opkerf en in blikkies verpak … Jamie en Sebastiaan en die storiemol In die tweede boek kry Jamie en sy kat, Sebastiaan, ʼn baie belangrike opdrag – hulle moet die storiemol gaan soek. Die storiemol het spoorloos verdwyn en sonder haar sal al die stories op aarde opdroog. ’n Wêreld sonder stories sal ’n aaklige plek wees. Daarom vertrek Jamie en Sebastiaan dadelik op hul nuutste avontuur met die hulp van ʼn slim sprinkaan en ʼn pratende hysbak!
Meer inligting
Publish Date 01 Jun. 2019
Format EPUB
Taal Afrikaans
Skrywer Martie Preller, Martie Kruger
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Martie Preller, Martie Kruger