In die sterre geskryf (EBOEK)

R140,00
In die sterre geskryf (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799391572
Format: EPUB
Publish date: 2019-01-01
Links
Liefde tussen swaarde ... Chantilly Dubois bevind haar teen haar sin as Papillon op ’n seerowerskip. Hulle word egter deur ’n ander seerowerskip oorrompel en sy moet aanskou hoe haar liefdesdrome in bloed voor haar wegsypel. Maar Papillon neem ’n eed dat sy op El Capitàn sal wraak neem, hoe lank dit ook al duur, haar dag sal kom. Maande lank, oor oseane en selfs aan die Kaap de Goede Hoop, te midde van groot gevare en ontbering, volg sy hierdie man wat haar geluk gesteel het. Sy verontagsaam selfs die Kaapse goewerneur se besluite oor wat verder in haar lewe moet gebeur. El Capitàn, daarenteen, sit sy soektog voort na die Peregrina, ’n gesogte pêrel wat die toekomstige Spaanse koningin toekom as deel van haar bruidskat. Toe hulle paaie weer kruis, moet Papillon teenoor haarself erken dat die wraak wat sy gekoester het stadig maar seker gemengde gevoelens geword het. Hoe anders, in die aangesig van ’n man wat so sterk en dapper sy posisie handhaaf te midde van ’n ruwe klomp seerowers? Is dat daaroor of bloot omdat sy nie langer teen sy manlike aantrekkingskrag kan veg nie? Haat sy hom of het sy hom liefgekry? Dit is die vraag wat Papillon nie beantwoord kry nie.
Meer inligting
Publish Date 01 Jan. 2019
Format EPUB
Skrywer Frenette van Wyk
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Frenette van Wyk