Ek + jy (EPUB)

R157,00
Ek + jy (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799362862
Format: EPUB
Publish date: 2013-11-01
Links
Ek het finaal besluit. Ouens is agterbakse miswurms. Net wanneer jy op jou gelukkigste saam met ’n ou is, bars die borrel. Hy cruise aan na die volgende meisie en jy voel soos ’n gek. Verwerp en verneuk en alleen. Ek is klaar met ouens. Ek gaan eendag in die berge in ’n klein huisie bly en groente plant. Iewers in die Himalajas waar daar geen mans is nie. Ek wil nooit in my lewe weer ’n man sién nie.

Nadat haar vorige ou haar verkul het, besluit Annabelle sy stel nie meer in ouens belang nie. Daar is baie ander dinge waaraan sy al haar tyd en aandag kan bestee. Soos haar spysenieringsbesigheid, haar skoolwerk en haar kleinsussie, Mila, wat nog sukkel om hulle ma se dood te verwerk. Maar dan ontmoet sy ’n blouoog-hunk wat haar laat twyfel ... Moet sy dalk weer ’n ou ’n kans gee, of gaan sy weer seerkry?  

’n Lekkerlees-tienerroman oor die avonture van grootword – en die hoogtepunte en laagtepunte van jong liefde.

Meer inligting
Publish Date 01 Nov. 2013
Format EPUB
Taal Afrikaans
Skrywer Nerine Ahlers, Alet Steenkamp
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Nerine Ahlers, Alet Steenkamp