Brand (EPUB)

R238,00
Brand (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799386158
Format: EPUB
Publish date: 2017-11-01
Links
Hoë politici sweer saam om Suid-Afrika in ’n diktatorskap te dompel. Die armes het genoeg gehad en kom in opstand. Die land brand. Mense vir wie Thys Krige omgee, kry seer. Iemand moet daarvoor boet.

Hierdie keer word hy betrek by korrupsie en komplotte op regeringsvlak. ’n Korrupte president speel in die hand van buitelandse moondhede met imperialistiese ambisies wat ’n voet in die deur soek. Sagte kolonisasie, noem mens dit. Staatskaping noem die media dit. Die tentakels daarvan al so diep in die struktuur van mense in sleutelposte dat niemand meer seker is wie betrokke is en wie vertrou kan word nie. In sulke gevalle protesteer mense gewoonlik. Hulle kan byvoorbeeld so aggressief gemaak word dat hulle mekaar begin uitroei. Traangas word gedokter met dwelms wat ten doel het dat mense mekaar te lyf gaan. Grootskaalse chaos maak ’n land onregeerbaar. Dryf die mense se frustrasie tot breekpunt. Sweep hulle teen mekaar op. Maar daar is maniere om hulle stemme stil te kry.

In Krige se stryd het drie vroue deel van sy wêreld geword: sy halfsuster, ’n gestremde IT-spesialis en ’n genie wat die donkerweb met die donkerbewuste in die mens se psige in verband bring. Al drie gaan gebuk onder pyn en trauma, soos Krige, en vir al drie ervaar hy iets wat aan liefde gelykgestel kan word. 

“Hy voel die wonderlike pyn wegsak, diep in, dieper, dieper, tot dit sag word en tot rus kom op die koue en harde ding in hom.”
Meer inligting
Publish Date 01 Nov. 2017
Format EPUB
Skrywer Peet Venter
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Peet Venter