Vroue van Atlantis (EBOEK)

R204,00
Vroue van Atlantis (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799376715
Format: EPUB
Publish date: 2017-11-27
Links
Twaalf ongelooflike vroue wat ’n verskil maak tussen die bendes, die werkloosheid en die koeëls. Atlantis is steeds die verlore stad, maar hierdie twaalf vroue se verhale inspireer. Hulle het besluit om nie moed op te gee nie. Hulle stories is dié van moed, optimisme en inspirasie. Dit is ’n moetlees vir almal wat glo dat liefde en geloof ’n verskil kán maak. Atlantis aan die Weskus was die breinkind van ’n vorige regering se “desentralisasiebeleid” – maar is tans die toonvenster van ontheemding. Uit hierdie wanhoop, brand dié twaalf vroue se stories soos fakkelligte in ’n lang, donker nag. Hulle is: Francis Brown, Mary-Ann Cedras, Chrissie Cloete, Mandy Jonker, Christine Lewis, Sylvia Losper, Lenie Maya, Carol Muller, Sillene Oppel, Olivia Pharo, Mary Tenggren en Rachael Watson. 

Die verhale strek van gemeenskapdiens aan gestremde persone, bejaardes en kankerlyers,  rehabilitasie van dwelmafhanklikes, MIV/Vigs-voorkoming en 
-destigmatisering tot inspirerende vroue wat staan in die onderwys, verpleegdiens, uitsaaiwese, asook ’n sangeres, ’n atleet en ’n tuinier.

Die opbrengs van dié boek sal deur die Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit Wes-Kaapland (UWK) aangewend word as studentebeurse.

Meer inligting
Publish Date 27 Nov. 2017
Format EPUB
Skrywer Anastasia de Vries
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening