Tussen die klippe (EBOEK)

R255,00
Tussen die klippe (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799378610
Format: EPUB
Publish date: 2016-04-01
Links
Dis die jaar 1851 en die beeldskone Susanna Isabella Marais word aangekla van ‘sonde’. Sy word gedaag voor die Hof van Landdroste en Heemrade omdat die oudstes haar van veelmannery en bedrog beskuldig. En in die hof onder die wildeseringbome, waar die verrigtinge kort-kort onderbreek word deur die lawaai van bobbejane, voëls en vlakvarke, word haar skuld getuie vir getuie duideliker. Hulle ken haar so. Dominee Johannes word deur die weledele Sinodale Kommissie uit die Kolonie gestuur om dié “hoogs onwettige, onsedelike en onchristelike egverbintenis” te ondersoek. Susanna is een vroegoggend hof toe gesleep, “soos wat ʼn mens ʼn uitgediende velsak agter jou aansleep”. Haar lang, donker rok gekreukel, stowwerig en op die een skouer geskeur. Nogtans, soos destyds met die kerkraadsvergadering, is “haar groot, geel-bruin oë, ryp soos twee mispels, geamuseerd eerder as bang, spottend, neerbuigend selfs”. Johannes is op soek na die waarheid van die Bybelse liefde. Hoe meer verdoemend die getuienis teen haar raak, hoe meer begin hy wonder of die liefde wat hy verkondig, meer is as die liefde tussen God en mens? “’n Broos mooie liefdesverhaal wat hierin ontvou ook, heerlik bevredigend vir die leser wat ’n gelukkige einde wil sien maar terselfdertyd geloofwaardig en nie opgedoen met deursigtige sentiment en onhaalbare ideale nie. Dit is ’n lieflike verhaal. Dit ontroer en bly by.” – Jeannette Ferreira
Meer inligting
Publish Date 01 Apr. 2016
Format EPUB
Skrywer Hans du Plessis
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Hans du Plessis