Tokkelossiebossie en ander dol gedoentes (EBOEK)

R247,00
Daar is dinge wat jou sal laat lag en dinge wat jou sal laat dink: spinnekoppies met piepklein hartekloppies, vissies in blikkies en duisendpote met liddorings.
In voorraad
ISBN
9781776353231
Format: EPUB
Publish date: 2022-01-02
Links
In die wonderlike tweeling Philip de Vos en Piet Grobler se dertiende boek saam, is daar allerhande dinge wat tussen die bladsye wegkruip: rooikop-tokkelossies in tokkelossiebossies, miere met voorname en Aspoestertjie met haar stink tekkies. Daar is dinge wat jou sal laat lag en dinge wat jou sal laat dink: spinnekoppies met piepklein hartekloppies, vissies in blikkies en duisendpote met liddorings. Dit is ’n land waar elke voëltjie sy eie lied het, die land van wie-weet-waar; die land waar jy oplaas die maan se skemerlig aan ’n wilgerboom se tak kan hang. Dit is ’n wonderland vir kinders en hulle ma’s en hulle pa’s en hulle ouma- en oupagrootjies.
Meer inligting
Publish Date 02 Jan. 2022
Format EPUB
Skrywer Piet Grobler, Philip de Vos
Taal Afrikaans
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening