The Fallen Angel

R290,00
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9781779880000
Format: Sagteband
Publish date: 2024-03-01
In die jaar 2233, lei ’n geheimsinnige polsende energiebron tot die ontdekking van ’n gevalle engel wat vasgeketting is, diep onder in die ysige skeure van Antarktika. Micah, ’n bevelvoerder van die Europa, Middel-Ooste & Afrika Soek-en-Redding Organisasie is vermoedelik dood na ’n katastrofiese val tydens sy opsporing sending in een van die diep rotsklowe van die ysige landskap. Lydia weier egter om te aanvaar dat die man wat sy liefhet, verlore is. Sy onderneem ’n gevaarlike sending met sy spanlede om hom te gaan soek en terug te bring. Intussen is ’n geheime bose alliansie besig met hulle eie duister agenda. Demoniese entiteite het ook kennis geneem van die ontdekking van die gevalle engel. Hulle beplan om sy spesiale kragte te gebruik om toegang te verkry tot ’n antieke, verseëlde boekrol. Hulle doel is om die profesieë van Openbaring omver te werp en hulle eie angswekkende apokalips te laat plaasvind. Lydia bevind haarself te midde van ’n lewensgevaarlike resies en ’n onheilspellende stryd wat sover terug strek as die sesde dag van die Skepping. Sal sy Micah lewendig vind? En sal hulle die wêreld kan red van hierdie bonatuurlike aanslag? Slegs die tyd sal leer of alles verlore sal gaan tydens hierdie verbete stryd tussen goed en kwaad.
Meer inligting
Publish Date 01 Mrt. 2024
Format Sagteband
Taal Afrikaans
Skrywer Mandla Moyo
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Mandla Moyo