Strandwolf (EBOEK)

R85,00
Strandwolf (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780639607368
Format: EPUB
Publish date: 2021-06-20
Links
Met haar donker hare, vreemde rituele en Rooihuid-bloed, vlug Tala Robberts van vreeslike herinneringe en mense wat haar jongmenslewe gesteel het. Sy land met haar vyfjarige seuntjie op ’n stranddorpie, Strandloper, waar sy net alleen gelos wil word. Die jong predikant op die dorp is egter gefassineer deur haar vreemdheid en spiritualiteit, terwyl ’n regte wildewragtig-strandloper haar nuuskierigheid aanwakker en haar hart bokspronge laat maak. Voor sy haar kan keer, is sy stewig gewikkel in almal se wel en weë en haar emosies is ’n warboel. Watter keuse sal sy maak om vir haar en veral haar seun die regte toekoms te verseker? Gaan sy die foute van die verlede herhaal of gaan daardie verlede haar eendag inhaal?
Meer inligting
Publish Date 20 Jun. 2021
Format EPUB
Skrywer René van Zyl
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur René van Zyl