Soeter as nougat

R110,00
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9781776352159
Format: Sagteband
Publish date: 2022-01-07
Fouché steur hom nie aan sy pa se deurmekaar praatjies in die hospitaal nie. Tot die aand toe sy pa sterf en hy ʼn skokkende ontdekking agter in sy pa se Bybel maak. Watter tipe verhouding het sy pa met bloedjong Elmarie Coetzee gehad? Elmarie is nederig, lief vir die Here, het ‘n oop hand vir die armes en hoë morele waardes. Onbewustelik krap sy Fouché se planne om haar te ontmasker deurmekaar. Hoe beter hy haar leer ken, hoe moeiliker vind hy dit om te glo sy is skuldig. Boonop begin hy sy hart op haar verloor. Dít terwyl hy baie goed weet liefde is niks anders as ʼn seepbel wat wag om te bars nie. Wanneer die waarheid eindelik uitkom, is die skade onherroeplik. Sal Elmarie hom kan vergewe en glo dat hy werklik lief is vir haar?
Meer inligting
Publish Date 07 Jan. 2022
Format Sagteband
Skrywer Lizelle von Wielligh
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Lizelle von Wielligh