• Gratis aflewering vir alle aankope bo R500!

  • Gratis aflewering vir alle aankope bo R500!

Slaafs (EBOEK)

R170,00
Slaafs (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9781415209189
Formaat: EPUB
Publikasie datum: 2016-01-04
Links
’n Dag in die lewe van drie speurders van die Khayelitsha-polisiestasie is nie paintball speel nie. Vra maar vir kaptein Nicci de Wee, “Ounooi” soos haar kollega Blackie haar noem. Haar priestervriendin Sally sal dit beaam en so ook Peters, wat skaars sy oë van Nicci kan afhou. Want in Khayelitsha is die Jane Does volop: daardie vroueslagoffers wat so sonder naam op die staatspatoloog se outopsietafel beland. Maar waarom was daar vreemde vesels in die keel van ’n meisie wat aan ’n oordosis sterf en hoekom het sy en ’n tweede slagoffer dieselfde tatoeëermerk? Weldra daal Nicci en haar kollegas af in die donker onderwêreld van mensehandel, begelei deur die enigmatiese, en verleidelike, doktor Gigi Gerber, kenner op die gebied van slawesindikate. En heeltyd, in die agtergrond, staan al die kwesbare ontwortelde mense van die wêreld. Die speurspan in Bettina Wyngaard se nuwe riller is mense van vlees en bloed wat diep voel, in intense verhoudinge tot mekaar staan, liefhet, verliese ly en die hart aangryp.
Meer inligting
Publikasie Datum 04 Jan. 2016
Formaat EPUB
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening