Siende blind (EPUB)

R298,00
Siende blind (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799361636
Format: EPUB
Publish date: 2013-07-01
Links
Op ’n Sondagoggend terwyl hulle ontbyt maak, vra Cara haar sielemaat en eggenoot van twintig jaar waarom hy die afgelope tyd so stil is. Sy kry ’n sielsverbryselende antwoord. Vir Cara voel dit soos die einde van alles wat vir haar betekenis inhou. Dis egter net die eerste tand van die duiwelsvurk wat haar veilige kokon deurboor. Haar hele lewe ontaard in ’n blivet, daardie optiese illusie waar twee onversoenbare perspektiewe tegelykertyd ewe daar, en nie daar is nie. Begogel, is hoe Cara voel. Êrens is daar waarhede en oral is leuens. En sy kan nie uitmaak watter een is wat nie. Om te oorleef moet Cara vasstel waarom sy die teiken is van die oormag rampe wat haar tref – en wie die hef in die hand het. Maar as rykmansdogter en fiksieskrywer wat glo in gelukkige eindes, is sy allesbehalwe toegerus daarvoor.
Meer inligting
Publish Date 01 Jul. 2013
Format EPUB
Skrywer Chanette Paul
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Chanette Paul