Marilé Cloete woon in die Paarl en het betreklik laat in haar lewe begin skryf. Nou maak sy die leë nes met haar stories vol. Dit gee vir haar nuwe energie, ’n heerlike uitdaging en baie vervulling.
Beatrix Smith woon in Pretoria. As ’n boekwurm was dit haar droom om te kon skryf soos haar gunstelingskrywers. Sy is dankbaar vir elke geleentheid om agter haar rekenaar in te skuif, in die koppe van haar karakters in te klim en hul stories te vertel.