Marilé Cloete woon in die Paarl en het betreklik laat in haar lewe begin skryf. Nou maak sy die leë nes met haar stories vol. Dit gee vir haar nuwe energie, ’n heerlike uitdaging en baie vervulling.
‘Ramp’ is die enigste woord om Simoné se werksonderhoud met die fotograaf, Helmut Adelbergh, te beskryf. Tog is haar artikels en sy foto’s perfekte pasmaats … en hul harte ook.
BONUSKORTVERHAAL! Lokteks: Sterk genoeg vir die liefde – Marilé Cloete Sunita weet nie meer of sy sterk genoeg is vir die liefde nie. Nie na haar warrelwindverlowing en die einde van daardie selfde verlowing nie. Maar Deon Muller se empatie en teerheid is soos balsem vir haar hart.