Marilé Cloete woon in die Paarl en het betreklik laat in haar lewe begin skryf. Nou maak sy die leë nes met haar stories vol. Dit gee vir haar nuwe energie, ’n heerlike uitdaging en baie vervulling.
Jacques het nog nooit ’n moeilike vrou soos Jackie ontmoet nie, maar wegbly kan hy nie. Jackie het ná haar eksverloofde haar gelos het mure om haar hart gebou en sy is nie van plan om dit nou te laat verkrummel nie. Maar Jacques laat hom nie stuit nie en sy besef hy is ’n groot gevaar vir haar hart.
Jacques has never met a more difficult woman than Jackie, but he cannot stay away from her. After her failed relationship with her ex-fiancé, Jackie has hidden her heart away and she won’t expose it now. But Jacques doesn’t let anything stop him and she realizes he is a danger to her heart.