Marilé Cloete woon in die Paarl en het betreklik laat in haar lewe begin skryf. Nou maak sy die leë nes met haar stories vol. Dit gee vir haar nuwe energie, ’n heerlike uitdaging en baie vervulling.
Beth kan haar “Groot Liefde” – Bruce Springsteen – se konsert in Noorweë bywoon. Sy moet net eers die vlug soontoe met die aantreklike Etienne Benade aan haar sy oorleef. En nie op hom verlief raak nie, want hy het ’n meisie.