Marilé Cloete woon in die Paarl en het betreklik laat in haar lewe begin skryf. Nou maak sy die leë nes met haar stories vol. Dit gee vir haar nuwe energie, ’n heerlike uitdaging en baie vervulling.
Christine staan in die son en omkom van die dors, maar Dennis nooi haar nie by sy huis in nie. Hy kan nie onthou dat hulle ’n afspraak het nie, maar hy weet verseker: Christine is die prinses van sy nuwe fantasieverhaal.