Marilé Cloete woon in die Paarl en het betreklik laat in haar lewe begin skryf. Nou maak sy die leë nes met haar stories vol. Dit gee vir haar nuwe energie, ’n heerlike uitdaging en baie vervulling.
Renate is op haar senuwees. Dawid, die man met die mooiste blou oë en donker hare gaan die eerste kliënt van haar tatoe-studio wees. Maar laat professionele senuwees ook ’n mens se hart vinniger klop?