Marilé Cloete woon in die Paarl en het betreklik laat in haar lewe begin skryf. Nou maak sy die leë nes met haar stories vol. Dit gee vir haar nuwe energie, ’n heerlike uitdaging en baie vervulling.
Roelien en haar broer is nuut op die dorp en wil oorbegin. Ongelukkig vir haar is haar buurman nie net onbeskof nie maar eina-aantreklik ook. Om sake te vererger gee hy by dieselfde plek as sy skool.