Marilé Cloete woon in die Paarl en het betreklik laat in haar lewe begin skryf. Nou maak sy die leë nes met haar stories vol. Dit gee vir haar nuwe energie, ’n heerlike uitdaging en baie vervulling.
Schalk en Anke is voëls van eenderse vere: albei onafhanklik, albei beroepsgedrewe. En albei het al seergekry. In Leipzig kom allerlei verborge vrese en drome na vore. En in Noorweë moet hulle ’n besluit neem.