In die oop ruimtes tussen sterre en swaartekrag sal jy Karlien vind waar sy
kaalvoet en sonder pretensie by die Here sit. Daar waar sy met Hom kan
gesels oor haar soeke en seer, want sy weet dat Hy gewillig en met deernis
luister.
Karlien vertel van haar kronkelpaaie van pyn en verlies en hoe sy deur die
jare daardie paaie gevleg met haar onwrikbare geloof gestap het. In hierdie
poëtiese teks vol beeldspraak en vloeiende kreatiwiteit gesels sy oor kwesbare
grepe uit haar lewe. Sy deel met die leser haar ondersoeke in die Woord,
die suiwer leringe van Jesus, sielvolle gedigte, lirieke en diep persoonlike
gewaarwordinge.
In Riviere in die wildernis leer ons Karlien ken soos nog nooit tevore nie.
In haar arms het sy al lewe, siekte en dood vasgehou en geleer hoe om, of die
Here nou gee óf neem, steeds ’n halleluja te sing.