Rand en sent (EBOEK)

R170,00
Rand en sent (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9781776092390
Format: EPUB
Publish date: 2018-06-01
Links
Rand en sent, gegrond op die gewilde gelyknamige RSG-program, is ’n onontbeerlike gids tot goeie persoonlike finansiële bestuur. Suzaan Steyn bring die kundigheid van kenners van gerespekteerde finansiële instellings hier op ’n toeganklike wyse bymekaar. Die boek is ideaal vir lesers wat nie noodwendig toegang tot die dienste van finansiële adviseurs of konsultante het nie. Raad word verskaf oor hoe om ’n begroting behoorlik op te stel – en te laat klop. Mense wat hulle in die dryfsand van skuld bevind, kry waardevolle wenke oor hoe om uit dié aaklige spiraal te ontsnap en te begin spaar. Alles wat ’n mens oor eiendomsbeleggings, algemene en aanlynbeleggings behoort te weet, is hierin vervat. Inligting oor hoe om die maksimum opbrengs uit polisse te verseker, word gegee, en skuiwergate wat ’n mens op die finansiële pad kan laat struikel, word uitgewys. En nog vele meer. Noodsaaklike leesstof vir alle Suid-Afrikaners wat ernstig oor hul geldsake is.
Meer inligting
Publish Date 01 Jun. 2018
Format EPUB
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening