Raaiselspie‰l (EPUB)

R298,00
Raaiselspieël (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799364989
Format: EPUB
Publish date: 2014-03-01
Links
Vet Frieda Fouché het geen benul waarom die vermaarde professor Victor Fouché agt jaar gelede met haar getrou het nie. Sy weet ook nie of die beelde wat sy van kleinsaf sien en die stemme wat sy hoor, beteken sy is psigies of psigoties nie. Frieda het egter ? meer onmiddellike probleem. Sy moet haar pa se moord oplos al sit daar reeds ? man agter tralies. Nie omdat sy wil nie, maar omdat haar pa daarop aandring. Van agter die doodsgordyn. En Nils van der Sluijs, die befoeterde Belg wat ryk en beroemd geword het danksy sy vetvrouskilderye, laat ook in die dood nie vir hom nee sê nie. Stas Stassen is die man wat Frieda moet help om haar pa se biografie te skryf. Hy is nie seker of Frieda ? skisofreen is of net ? ander soort nutcase nie, maar hy glo beslis nie sy is heldersiende nie. Anders sou sy immers geweet het hy stel meer daarin belang om haar hovaardige man terug te betaal as in die vetvrouskilder se doen en late. Nils se lewensverhaal lewer egter ? paar verrassings op, onder meer in die vorm van ? paar spesiale skilderye, en kort voor lank is Stas meer betrokke as wat heilsaam is en Frieda haar lewe nie meer seker nie.
Meer inligting
Publish Date 01 Mrt. 2014
Format EPUB
Skrywer Chanette Paul
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Chanette Paul