Prof Fungus (11) en die sneeumasjien (EBOEK)

R128,00
Prof Fungus (11) en die sneeumasjien (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799380620
Format: EPUB
Publish date: 2018-10-10
Links
Vries! Hierdie pretpark sal jou koue rillings gee ... Bennie en Jenny is opgewonde toe hulle hoor professor Fungus gaan help met ’n nuwe pretpark wat binnekort oopmaak. Winterland lyk na groot pret – daar is ’n ski-helling, rowwe ritte en selfs robotdiere uit die Ystydperk! Maar dan vind Bennie en Jenny uit iets is nie pluis by die pretpark nie. Watter geheimsinnige planne voer die vreemde De Vries-tweeling in die mou? Kort voor lank moet Bennie en Jenny ’n plan maak om die hele wêreld te red – voor die nare tweeling ’n nuwe Ystydperk laat begin! Jong wetenskapliefhebbers (en almal wat mal is oor snaakse stories!) verslind Jaco Jacobs se Professor Fungus-reeks – en die ongelooflike illustrasies deur Johann Strauss sorg sommer vir dubbel die leespret! Elke storie is propvol fantastiese karakters en wilde, skreeusnaakse avonture. En by Einstein se snor, agterin elke boek is daar boonop ’n eksperiment wat jy tuis kan doen!
Meer inligting
Publish Date 10 Okt. 2018
Format EPUB
Skrywer Jaco Jacobs
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Jaco Jacobs