Potlode en pinotage (EBOEK)

R85,00
Potlode en pinotage (EBOEK) geskryf deur Louise van der Merwe
In voorraad
ISBN
9781776350759
Format: EPUB
Publish date: 2021-11-01
Links
Liefde is soos goeie wyn ... Sonja Fourie word geken as die kwaai onderwyseres en versorgende moederfiguur in haar vriendekring. Nes dit ’n goeie onderwyser betaam, is haar lewe rigied: planne, lysies, tabelle en boksies hou alles mooi op koers en sy maak seker elke woord wat oor haar lippe kom is suiwer Afrikaans. Deesdae begin iets egter krap. Haar veilige nessie en voorspelbare bestaan voel nie meer genoeg nie. Sy het haarself as kind belowe sy sal ʼn stabiele en standvastige lewe skep en dit is wat sy gedoen het, maar nou het sy haar bedenkinge. Wie is Ethan om haar te laat voel sy kan iets meer wees? Ethan Brooks het homself in Suid-Afrika kom vestig om te veg vir die behoud van sy erfenis. Deursettingsvermoë loop sterk deur sy are, maar hy besef ook dat dit alleen nie kan red wat verby bereddering is nie. Dan ontmoet hy vir Sonja, en hierdie kwaai juffroutjie laat hom anders na sy lewe en stryd kyk. Maar gaan hy vir hom ʼn gaatjie kan oopskrop in Sonja se reeds vasgestelde toekomsplanne?
Meer inligting
Publish Date 01 Nov. 2021
Format EPUB
Skrywer Louise van der Merwe
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Louise van der Merwe