Poppie Viool en die Swartwoud-arende (EBOEK)

R145,00
In voorraad
ISBN
9781776353316
Format: EPUB
Publish date: 2022-04-03
Links

Poppie Viljoen is op pad na die Swartwoud Kinderhuis toe nadat eers haar ouma en toe haar oupa oorlede is. Sy is alleen. En al wat sy oorhet, is ’n viool wat al lank in die familie is.
Van die oomblik dat sy by die kinderhuis aankom, hoor sy die gerugte oor spinnekoppe wat so groot is soos katte en oor die mensvreter-arende ... Poppie steur haar nie veel daaraan nie tot sy een aand voorgestel word aan professor Mancini, ’n pratende portret. Hy is eintlik ’n musiekonderwyser. Hy lei Poppie om te ontdek dat haar viool baie spesiaal is ... en dat die musiek van haar viool die krag het om mensvreter-arende se harte te verander sodat hulle uiteindelik weer mense word.
Hierdie boeiende storie word pragtig vertel deur die bekroonde skrywer Jan Vermeulen. Die storie van Poppie Viool sal lesers herinner aan die krag van musiek en liefde!

Meer inligting
Publish Date 03 Apr. 2022
Format EPUB
Skrywer Jan Vermeulen
Taal Afrikaans
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Jan Vermeulen