Poppekas (EBOEK)

R242,00
Poppekas (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799355550
Format: EPUB
Publish date: 2012-03-01
Links
Die bewolkte dag toe die koeltorings opgeblaas word, sak Harm langs Wiesa inmekaar op die sportveld in Pinelands. Vier mans in grys pakke verskyn uit die niet en voor Wiesa tot verhaal kan kom, dra hulle hom onseremonieel weg. Wiesa is ’n sub in die nagkantoor van ’n dagblad. Sy kan nie versin nie. Sy skryf om by die waarheid uit te kom. Te veel vreemde en onheilspellende dinge gebeur en sy begin dagboek hou daarvan. Waar is Harm? En wat gaan aan in die boonste verdiepings van die mediatoring? Sy durf die korporatiewe reus kaalvuis aan en verruil haar woordeboek vir karate-kata’s, koes vir koeëls en stoei met bestaanskwessies. Poppekas is Steinmair se eerste speurroman, en ’n hoogs vermaaklike en vernuwende toevoeging tot die genre. Deborah Steinmair se debuutroman, Marike se laaste dans, is bekroon met die Jan Rabie/Rapport-prys en was op die kortlys vir die M-Net-prys.
Meer inligting
Publish Date 01 Mrt. 2012
Format EPUB
Skrywer Deborah Steinmair
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening