Nova (2): Vuurdoop (BOEK)

R170,00
Nova: Vuurdoop (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799351378
Format: EPUB
Publish date: 2011-10-28
Links
In Nova: Die Begin is Lucas en sy vriende op skrikwekkende wyse na ’n VVV weggevoer. Hulle het ontsnap en nou keer alles weer terug na normaal. Of só dink Lucas ... Hulle mediese toetse wys dat alles piekfyn is, maar dan waag Lucas dit om vir sy pa te vertel wat in die VVV met hulle gebeur het: “Die aliens het ons vasgemaak op tafels, Pa. Hulle het ’n sny in my kop gemaak ... Daar was bloed. Ek kon dit voel afloop teen my slape. Ek was nog nooit so bang nie.” Hierdie woorde gooi die volgende avontuur in hierdie wetenskapfiksie-reeks in snelrat. Die geheimsinnige Sterreloper los vir Lucas twee geskenke: ’n tipe knipmes met ’n laserstraallem en ’n eCom waarmee hy kan kommunikeer. ’n Vreemde man is op Lucas se spoor en waag dit selfs in sy huis wanneer Lucas se ouers nie tuis is nie.
Meer inligting
Publish Date 28 Okt. 2011
Format EPUB
Taal Afrikaans
Skrywer Fanie Viljoen
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Fanie Viljoen