Net vir 'n seisoen of twee

R110,00
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9781776352050
Format: Sagteband
Publish date: 2022-01-05
Marcelle ontmoet vir Sebastian by ʼn partytjie. Nog nooit het sy so ʼn vreemde, aantreklike en onbeskryfbare arrogante mansmens ontmoet nie. Voordat Sebastian nog haar naam weet, maak hy alreeds ʼn afspraak met haar. Nie eens die feit dat sy skynbaar getroud is skrik hom af nie. Hy maak dit duidelik dat hy in haar belangstel en vasberade is om haar te besit – maar net vir ʼn seisoen of twee. Marcelle is nie heeltemal blind vir sy aantreklikheid of bestand teen sy sjarme nie, maar ingee gaan sy beslis nie. Wanneer ʼn ramp haar sakeonderneming tref, leer sy ʼn ander kant van Sebastian Rigter ken. Sy ontmoet die ware man. Die een wat Sebastian self nog moet ontdek. Haar opinie oor hom verander teen haar eie beter wete en sy verloor haar hart. Al is sy en Sebastian net tydelik. ’n Seisoen of twee is beter as niks.
Meer inligting
Publish Date 05 Jan. 2022
Format Sagteband
Skrywer Dina Botha
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Dina Botha