Nellie en Sion Thwala

R140,00
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9781776354061
Format: Sagteband
Publish date: 2022-01-06
’n Pragtige storie oor vriendskap en liefde Ons wonderlike, diverse, kleurvolle land is vol stories wat verdien om vertel te word. Een so pragtige en belangrike storie is dié van die vriendskap en liefde tussen kinders en hul oppassers. Hierdie titel is die tweede in die reeks en gaan oor ’n klein seuntjie, Sion, en sy kreatiewe en inspirerende oppasser, Nellie. Nellie deel idees, plaaslike geskiedenis, tradisie en kultuur met Sion. Sy bring ’n bietjie van haar wêreld, woorde en hart in syne in. Sion, op sy beurt, doen wat alle klein seuntjies doen: hy word vrolik deel van die avontuur. Hierdie spesifieke storie handel rondom die konsep van thwala – die Zulu woord vir iets op jou kop dra. Deur ‘n vlak stroom te kruis vir ’n piekniek op die oorkantste oewer, leer Nellie vir Sion die kuns van thwala. Sion leer dat daar meer as een manier is om jou kop te gebruik as jy gekonfronteer word met ‘n probleem. Hierdie is ’n storie van onskuld, liefde en omgee wat mense aan mekaar sal verbind regoor kulture heen.
Meer inligting
Publish Date 06 Jan. 2022
Format Sagteband
Taal Afrikaans
Skrywer Claudette Browne Storrar
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Claudette Browne Storrar