'n Man in my Kerskous (EBOEK)

R85,00
In voorraad
ISBN
9781776354955
Format: EPUB
Publish date: 2021-12-01
Links
Sy is allergies vir mans, en hy het al sy vingers verbrand met ’n vrou... Berna Erasmus is allergies vir mans. Haar ma was ’n orkaan wat haar eie lewe en die mense om haar s’n met haar leefwyse verwoes het, en hierdie appeltjie gaan beslis sorg dat sy ver van daardie boom af val. Haar tannie wat haar grootgemaak het en haar beste vriendin span saam om haar en die aantreklike Ryno Viljoen vir ses weke in hulle strandhuis op Meeubaai saam te gooi. Hulle reken sy moet romanse beleef voor sy dertig word en dalk op die rak bly sit, maar sy verkies haar liefdeservaring tussen die bladsye van ’n boek. Ryno het ’n duur les geleer met slinkse vroumense en hy gaan hom nie weer laat ore aansit nie; hy fokus liewer op sy studies en sy loopbaan. Die ongekunstelde Berna laat hom egter dinge voel wat hy nooit verwag het nie. Is dit net ’n ingebore beskermingsdrang, of is dit dalk die ware Jakob?
Meer inligting
Publish Date 01 Des. 2021
Format EPUB
Skrywer Madelie Human
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Madelie Human