’n Liedjie vir Anine

R190,00
’n Liedjie vir Anine geskryf deur Elsa Winckler
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9780639607641
Formaat: Sagteband
Publikasie datum: 2021-08-01
Hoe dans jy as die lied in jou hart stil geraak het? Bekende musiekster, Zander Breedt, se muses het hom verlaat. Die helder ligte van die verhoog het hul glans verloor, en dit klink asof die suiwer melodieë in sy kop vervang is met ’n droewige klaaglied. Boonop is daar sy nuwe skoonsus, Anine Vos, ’n joernalis, ’n spesie waarvoor hy nie baie ooghare het nie. Hy moet haar gedoog, al maak sy dit duidelik dat sy nie tyd het vir ’n popster soos hy nie. Tog, om een of ander rede begin die note weer helder deur Zander se gedagtes klink wanneer sy naby is. Anine kan nie verstaan hoekom juis sý die opdrag moes kry om ’n in diepteartikel oor Zander te skryf nie. Sy het mos niks verloor by hierdie mislike musikant nie. Om deur sy lewe te krap is die laaste ding wat sy wil doen terwyl haar eie hart nog gebreek is.
Meer inligting
Publikasie Datum 01 Aug. 2021
Formaat Sagteband
Skrywer Elsa Winckler
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Elsa Winckler