Beatrix Smith woon in Pretoria. As ’n boekwurm was dit haar droom om te kon skryf soos haar gunstelingskrywers. Sy is dankbaar vir elke geleentheid om agter haar rekenaar in te skuif, in die koppe van haar karakters in te klim en hul stories te vertel.
Die de Vries-vroue se geskiedenis het Georgette een ding geleer: ’n eerbare man bestaan nie. Daarom sluit haar sorgvuldig beplande toekoms nie ’n man in nie.
Totdat fotograaf Leo Drake by de Vries Eiendomme instap. Met sy rebelse houding en voorkoms, skep hy wanorde in haar perfekte wêreld – én in haar hart – soveel so dat sy haar standpunt oor huwelike moet heroorweeg.
Die enigste probleem is, Leo glo nie in trou nie, terwyl ’n trouring vir haar ononderhandelbaar is. Sal hul liefde sterk genoeg wees vir ’n sprokieseinde?