My hart klop so (EBOEK)

R270,00
In voorraad
ISBN
9781779881199
Formaat: EPUB
Publikasie datum: 2026-08-01
Links
Rachelle Fourie het bekendheid verwerf vir haar deelname aan die program Op My Eish! waar sy kykers se harte verower het. In haar boek My hart klop so deel sy haar besonderse lewensverhaal en haar pad van geloof, roeping en identiteit. In haar vroeë twintigs moes Rachelle 'n hartoperasie ondergaan nadat sy onverwags met 'n atriale septumdefek gediagnoseer is, en dit was slegs een van die vele uitdagings op haar lewenspad. In My hart klop so vertel sy meer oor hierdie kwesbare oomblikke wat haar gebreek, genees en nader aan God gebring het. Deesdae deel sy haar lewens- en geloofservaring as 'n gewilde motiveringspreker en rolmodel vir meisies en vroue. Sy is ook die gasheer van haar eie potgooi met dieselfde titel.
Meer inligting
Publikasie Datum 01 Aug. 2026
Formaat EPUB
Skrywer Rachelle Fourie
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening