'n Vrolike, prettige eerste woordeboek vol kleurryke illustrasies. Kinders sal hope pret hê en basiese woordeskat in vier van Suid-Afrika se amptelike tale aanleer terwyl hulle hierdie boek speel-speel verken. Maklike woord-prent-assosiasies word in Afrikaans, Engels, Noord-Sotho en Zoeloe volgens verskillende temas gerangskik. Van die temas sluit in: klere, kos, tuin, teenoorgesteldes, voels, diere, skool, my liggaam en my familie. 'n Moet-hê-boek vir elke gesin se boekrak!
| Publikasie Datum | 01 Mrt. 2018 |
|---|---|
| Formaat | Sagteband |
| Taal | Afrikaans |
| Skrywer | Maja Sereda |