Monstersaad (EBOEK)

R264,00
Monstersaad (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799375886
Format: EPUB
Publish date: 2015-07-01
Links
Renata Malan is ’n forensiese sielkundige, die miljoenêrerfgenaam van haar aangenome pa, Leon Malan, ’n eiendomsmagnaat en doktor in die sielkunde.
Renata se familiegeskiedenis is tragies. Haar biologiese pa is ’n veroordeelde reeksmoordenaar wat van die gereg ontsnap het; haar ma en grootouers is onder tragiese omstandighede oorlede. Renata bring meeste van haar kinderjare in ’n weeshuis deur totdat Leon Malan haar as tiener aanneem.

Renata is ’n vennoot in Malan en Coetsee Privaatondersoeke. Hulle word genader om die dood van ’n sewentienjarige meisie, Melissa Verhoef, te ondersoek. Terwyl Renata besig is met die saak, worstel sy met haar eie demone – sy ly aan posttraumatiesestressindroom as gevolg van haar verlede. Sy gaan sien ’n baie onkonvensionele psigiater en pynlike herinneringe uit haar kinderdae doem op. Terselfdertyd vind sy uit dat haar pa nog leef en sy begin delf in die verlede om uit te vind waarom hy in die sewentigerjare nege mense vermoor het. Is hy ’n sosiopaat, of is hy bloot ’n man wat die reg in eie hande geneem het om ander se lewe te red?
Die saak waaraan sy werk raak uiters gekompliseerd wanneer sy besef dat Melissa se moord ook waarskynlik verband hou met ’n reeks moorde wat tien jaar gelede begin het. 

Sy veg teen ’n intense aangetrokkenheid tot een van die verdagtes en moet ’n paar aanslae op haar lewe trotseer.
Met die hulp van haar span ontdek sy wie die moordenaar is en slaag sy uiteindelik daarin om die spoke van die verlede ter ruste te lê.


Meer inligting
Publish Date 01 Jul. 2015
Format EPUB
Skrywer Madelein Rust
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Madelein Rust