Meetsnoer (EBOEK)

R298,00
Meetsnoer (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799381559
Format: EPUB
Publish date: 2016-12-01
Links
Een en twintig uitverkorenes van die Meetsnoer Tempel sal op 20 Oktober 2010 weggeraap word. Dit sal die begin wees van die einddae van die aarde en die verskrikking wat daarmee gepaardgaan. Voor die wegraping egter kan plaasvind, moet die apokaliptiese sluier gelig word. Profeet Sias moet neerskryf wat aan hom geopenbaar word en dit kan net op die nuwe Eden gebeur. Toe Raine Quinn Fluisterbos koop, weet sy nie sy ry Sias se heilige taak in die wiele nie, ook nie dat Fluisterbos die nuwe Eden is nie. En nog minder van Flint Fletcher se obsessie oor dié klein stukkie oerbos. Sy kon ook nie voorsien dat een van die Meetsnoer-lidmate die nag van haar aankoms op Fluisterbos vermoor sal word nie. Raine twyfel of die aarde se einde werklik in sig is, maar besef kort voor lank, haar eie is dalk wel. Inspekteur Gys Niemand en Fortuintjie moet weer hulle speurvernuf inspan ondanks teenkanting in eie geledere.
Meer inligting
Publish Date 01 Des. 2016
Format EPUB
Skrywer Chanette Paul
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Chanette Paul