Ná ’n mislukte huwelik en jare in die buiteland, besluit Trix om haar lewenskoers te verander. Sy word ’n grimeerkunstenaar op die Wes-Kaapse platteland. Haar eerste kliënt, ’n teësinnige bruid, veroorsaak konflik met die bruid se ouboet, Ray. Ray is toevallig Trix se nuwe buurman en eienaar van Landauer Distilleerders. Hy wil Trix se plasie hê en begin ’n romanse met haar. Toe dinge versuur, maak Trix uit weerwraak ’n mampoer-proelokaal langs sy distilleerdery oop. Kan maanskyn en brandewyn versoen?