Om weer te dans (EBOEK)

R255,00
In voorraad
ISBN
9781779880857
Formaat: EPUB
Publikasie datum: 2026-04-01
Links

Zivah leef haar passie op Ezra se lieflike plaas in Galilea uit waar sy leer hoe om geurige olies te meng en parfuum te maak, maar sy dra swaar aan 'n donker geheim uit haar verlede en die pyn van haar gebroke hart.

Barabbas, met sy charismatiese persoonlikheid, onwrikbare avonturier gees en vreeslose najaag van sy ideaal om die Jode van Romeinse heerskappy te bevry, vergestalt vir haar die vryheid en ge luk waarna sy hunker. Maar sy obsessie om die Jode van Romeinse onder drukking te bevry, dryf hom al dieper die verderf in.

Alhoewel Ezra homself al hoe meer oor Zivah ontferm, vlam haar hoop opnuut op toe Pontius Pilatus besluit om Barabbas vry te laat in plaas van die misterieuse Messias-man wat sy ontmoet het.

Sal Zivah haar uitdagings hierdie keer in die gesig kan staar en Barabbas die skynbaar onvergeeflike kan vergeef sodat hul liefde kan oorleef? In 'n wêreld verskeur deur bloedvergieting, verlies en onvervulde hoop soek Zivah en Barabbas elkeen na heling, liefde en 'n tweede kans, maar net God se belofte vir her stel - om weer te dans - sal ware vryheid en geluk kan bring.

"Ek sal aan jou kinders gee, Israel, jy sal kinders in die wêreld bring. Jy sal weer jou tamboeryne dra, jy sal uitgaan om te dans saam met dié wat bly is." (Jeremia 31:4, AFR83)

Meer inligting
Publikasie Datum 01 Apr. 2026
Formaat EPUB
Skrywer Frenette van Wyk
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Frenette van Wyk