Elikser

Gewone prys R250,00 Spesiale prys R62,50
Elikser
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9780639604220
Format: Sagteband
Publish date: 2021-04-01
Lily Linvelt se enigste missie is om 'n oeroue blommetjie in Ierland, in die Burren, te vind. Sy moet 'n elikser maak om haar ma te red wat 'n paar maande gelede deur 'n bloedsuiervlermuis in die einste Burren gebyt is. Terwyl sy daar is, ontmoet Lily vir Sterling Ashford. Hy is 'n natuurbewaarder en -kenner en hy help vir Lily om die seldsame blommetjies op te spoor. Hy is beeldskoon en enigmaties. Geheimsinnig en verleidelik. Sy hele wese drup van … betowering. Lily kom egter voor meer uitdagings te staan. Sy ontdek 'n geheim oor Sterling wat die wind uit haar seile neem en 'n bonatuurlike wêreld vir haar oopsluit, een wat sy gedink het net in fantasiee bestaan. Cobalt, die parfumeur by wie sy enfleurage leer doen, en sy honde het boonop hulle eie duistere agenda. Die magiese blommetjies groei ook net in die diepste gevaarlikste deel van die Graganwoud en vele vyandige wesens staan haar en Sterling tee om betyds die elikser vir haar ma te maak …
Meer inligting
Publish Date 01 Apr. 2021
Format Sagteband
Taal Afrikaans
Skrywer Frenette van Wyk
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Frenette van Wyk