Low Carb is Lekker (Afrikaans) (EBOEK)

R185,00
In voorraad
ISBN
9781432305826
Formaat: PDF
Publikasie datum: 2015-05-19
Links
Low carb is LEKKER is die skepping van Inè Reynierse, wie se missie was om die voordele wat ’n lae-koolhidraatleefstyl het, haalbaar en bekostigbaar vir vriende en familie te maak. Haar ‘lae-koolhidraat’-weergawes van Suid-Afrika se mees gewilde en geliefde resepte het vinnig opslae in sosiale netwerke gemaak en sy het besef dat daar werklik ’n behoefte aan ’n versameling lae-koolhidraatresepte in die Suid-Afrikaanse mark is, en Low Carb is LEKKER is gebore. Daar is maklike koring-, graan- en suikervrye plaasvervangers vir familiegunstelinge (bobotie, macaroni-en-kaas en kerrie-en-rys), vinnige trooskos (gnocchi en hoenderpastei) asook baie dekadente bederfkos (malvapoeding, sjokoladebruintjies en melktert). Geskryf deur ’n ma vir ander ma’s wat hul geliefdes se gesondheid deur voeding wil herstel. Low carb is LEKKER sal beslis byval by alle Suid-Afrikaners wat lief is vir tuiskos sonder om hul gesondheid en welstand in te boet.
Meer inligting
Publikasie Datum 19 Mei 2015
Formaat PDF
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening