Losprys

R350,00
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9781779860460
Formaat: Sagteband
Publikasie datum: 2026-02-01
Die wêreld is nie meer ’n goeie plek nie. Dis maar net hoe dit is. “Ek het jou seun. Moenie die polisie bel nie. As julle alles doen wat ek sê, sal ek hom nie seermaak nie. Ek sal weer bel.” Adjudant Enzo Ariefdien verkies moorde. Dooie slagoffers. Hy wil nie ’n vermiste lewe in sy hande vashou nie, nog minder ’n kind s’n. Maar dis presies wat hy kry en dis boonop ’n ontvoering vir ’n losprys. ’n Hoëprofielsaak met die desperate Amerikaanse ouers aan die een kant en die ambisieuse kaptein Lubambo aan die ander. En almal wil resultate hê. Intussen trek die onderhandelingspan by die gesin se huis in Llandudno in, adjudant Karla Blanckenberg in die rol van primêre onderhandelaar. Uitgelewer aan die ontvoerders se skedule om kontak te maak—en te verbreek—kan sy net wag en dis dan wanneer die handjie met die rooi gaatjie haar bly teister. Die ontvoerders het duidelik die gesin se roetine geken. Maar is die gesin van buite dopgehou? Of van binne? En hoekom klink dit asof daar iets meer persoonlik agter die ontvoering skuil?
Meer inligting
Publikasie Datum 01 Feb. 2026
Formaat Sagteband
Skrywer Martin Steyn
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Martin Steyn