Liefdesreis (EBOEK)

R191,00
Liefdesreis (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799387841
Format: EPUB
Publish date: 2018-04-01
Links
Hierdie omnibus is ’n samestelling van drie van Susan Olivier se vorige Romanzas, Bod op ’n biljoenêr, Kylie se keuse en Verborge obsessie.

Bod op ’n biljoenêr:
Die gelukkige tye saam met Nico was geleende tyd, dit het Eva destyds al besef. Sy het nie in sy rykmanswêreld ingepas nie. En al het sy geweet hulle verskil doodeenvoudig te veel, was sy platgeslaan toe hy agtien maande gelede uit haar lewe verdwyn.

Sy het intussen op haar eie sukses behaal, en sodra die egskeiding afgehandel is, gaan sy finaal van hom vergeet en aangaan met haar lewe. Maar toe Nico skielik weer sy opwagting maak en sak en pak in hulle woonstel terugtrek, is Eva glad nie meer so seker dat sy wil skei nie.

Want Nico is nog net so onweerstaanbaar en hy noem haar steeds ‘my Eva’ ...

Kylie se keuse:
Hy sit op haar stoel, agter haar pa se lessenaar, in haar pa se pos … die pos waarvoor sý grootgemaak is. Met sy irriterende kuiltjie en oorrompelende glimlag.

Alex du Preez is heel tuis as baas van haar pa se maatskappy. Dit waarvoor Kylie ná jare in die buiteland – en die hoeveelste verbreekte verlowing – teruggekom het.

Sy verpes hom, maar werk tog saam met hom. Die ongerymdhede en vraagtekens oor die maatskappy se finansies moet sy uitpluis. 

As hy die sondaar is, sal sy hom aan die kaak stel. Sy moet net verby daardie glimlag, die heuningmond, die tintelende afwagting in sy teenwoordigheid kyk. Hy bly die vyand.

Verborge obsessie:
Sy’t geglo sy het sy verraad en haar vernedering ontgroei. Maar toe hy ná jare weer sy opwagting maak, pluk die herinneringe Sonika onderstebo. En kyk Michael Meskin deur haar asof sy nie bestaan nie.

Asof sý die skuld dra vir die pyn van destyds. Vir sy swakheid toe hy die omkoopgeld aanvaar het, die pad gevat het. Landuit.

Skielik is doktor Michael Meskin, wêreldbekende sakeman, haar prokureursfirma se kliënt.

Hy bly haar straf, verneder, om die bos lei. En al skemer die Michael wat sy destyds liefgehad het nou en dan deur, worstel sy om tussen die bedrog, die web van leuens by die waarheid uit te kom.

Meer inligting
Publish Date 01 Apr. 2018
Format EPUB
Skrywer Susan Olivier
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Susan Olivier