Liefde op Petit Paris (EPUB)

R140,00
Liefde op Petit Paris (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799387148
Format: EPUB
Publish date: 2018-02-01
Links
In die ou Kaap de Goede Hoop stap ’n jongmeisie aan wal ná die vervolging van Protestante in Frankryk. Omdat Royale op die seereis haar ouers verloor het, is sy nou ’n weeskind in ’n land wat sy nog nooit gesien het nie. Die goewerneur wys Aragon as haar voog aan, ook ’n Hugenoot wat vroeër aan die Kaap ’n nuwe begin kom maak het.

Aragon is gekant teen Royale se liefde vir balletdans – dié ydele vermaak wat aan Louis die Veertiende se hof so modieus is – en wil haar nie toelaat om kontak met jongmans te hê nie. Dit is egter nie al wat Royale hinder nie want sy weet nie waarheen met haar romantiese gevoelens vir haar voog nie. Boonop hang die swaard van ’n huwelik met sy neef oor haar kop. 

Dit is ook nie net Royale wat besef wat ’n onweerstaanbaar aantreklike man Aragon is nie en die ander vrou, Amalia het ’n dodelike wapen: Die plaas Petit Paris, waarop Aragon boer, behoort aan haar ... 

Meer inligting
Publish Date 01 Feb. 2018
Format EPUB
Skrywer Frenette van Wyk
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Frenette van Wyk