Kupido.com (EBOEK)

R153,00
Kupido.com (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799384321
Format: E-boek
Publish date: 2017-09-01
Links
Léa kan dit nie help nie – die hoofseun, Philip Cronjé, laat haar hart tjoklits klop. Philip is ’n regte Romeo. Hy het bruin oë, hy is slim en aantreklik … en hy het ’n meisie. Nie dat dit regtig saak maak nie, want Léa weet ’n ou soos Philip sal nie eens twee keer na ’n vaal, vervelige meisie soos sy kyk nie. Maar dan skep haar beste vriendin, Kaylie, vir haar ’n vals profiel op Kupido.com, ’n kletskamer waar jy veronderstel is om die liefde van jou lewe te ontmoet. En kort voor lank is daar iemand wat met Léa wil gesels – Philip! Daar is net een probleem: Die meisie op die profiel het rooi hare, sy is ’n bikinimodel in haar vrye tyd, en sy is baie avontuurlustiger as Léa. Hoe lank sal Léa dit regkry om Philip te flous? ’n Snaakse, romantiese debuutroman vir tieners deur ’n opwindende jong nuwe skrywerstem in Afrikaans!
Meer inligting
Publish Date 01 Sep. 2017
Format E-boek
Taal Afrikaans
Skrywer Annabel Allers
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening