Kodenaam Icarus (EBOEK)

R242,00
Kodenaam Icarus (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799372632
Format: EPUB
Publish date: 2015-02-01
Links
Vic is een van die manne wat voor 1994 in die skadu’s en agter skerms gewerk het om diegene wat vir die regering “ongewenstes” was te laat “verdwyn”. Dié trauma eis sy tol; Vic se persoonlike lewe stort inmekaar. Daarna is hy nie net ’n siniese, verlate man nie maar ook ’n gevaarlike misdadiger met verskeie moorde op sy kerfstok, party in opdrag, ander onbedoeld. Sy sin vir geregtigheid bring hom nie veel in die sak nie. Een van die mees gewetenlose “hoofde” uit die apartheidsera het so min etiek as die man wat nou “Meneer die President” genoem word en Vic moet vir hom ’n taak uitvoer. Daarna, wel, sal Vic ook eintlik ongewens wees. In die groot raaisel van die Helderberg, ’n Boeing 747 van die SAL wat in 1987 oor die Indiese Oseaan ontplof het, word daar nou nuwe name genoem wat vir die dodelike vrag aan boord verantwoordelik sou wees. Persoonlike motiewe speel ’n veel groter rol as politiek, veral wat geld en onaantasbaarheid betref. Vic het egter min om te verloor – buiten sy dogter wat hy twintig jaar laas gesien het ...
Meer inligting
Publish Date 01 Feb. 2015
Format EPUB
Skrywer Henk Breytenbach
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Henk Breytenbach